‘n Brief van ‘n geskeide vrou aan alle getroude paartjies… Doen iets!!! Voor dit te laat is…
Ja, hierdie brief is al twee jaar oud. Ja, jy het hom dalk al tot vervelens toe gelees en wens dit wil van jou "newsfeed" af verdwyn... Maar... ALMAL het hom nog nie gelees nie... en solank as wat ons net een persoon se huwelik kan aanraak, sal ons aanhou om hom te plaas. So scroll verby en ignoreer hom as jy hom al gesien het...

En as jy voel dis net 'n "sales pitch" is dit ook okay. Ek weet met watter hart ek dit geskryf het, en die Hoof Skrywer van hierdie brief het nog nie gesê ek moet hom uitvee nie, so ek staan in gehoorsaamheid tot Hy my anders oortuig.

Jammer dat ek die brief se inleiding so moes aanpas, maar mens kom op 'n punt waar jy moeg raak vir al die negatiewe kommentare... 

REG SO, HIER GAAN ONS! :)
Dalk kan al die simpel foute wat ek in my huwelik gemaak het, jou verhoed om ‘n paar van hulle self te maak. Dalk kan die onkunde waarmee ek soveel dinge in my huwelik probeer hanteer het, vir jou tot hulp en insig wees. En dalk, net dalk, kan ek jou jare se pyn, trane, verwerping, selfbeeld en ander “issues” spaar, as hierdie brief verhoed dat jy dieselfde (voorkombare!) foute as ek maak ….
Net eers so bietjie agtergrond – ek werk al jare by INTIEM (voorheen INTIEM Tydskrif) - 'n platform wat fokus op die welstand van huwelike. Ek is ook direk betrokke by Marriage Capsule (‘n aanlyn 7-stap interaktiewe huwelikskursus vir verlooftes, pasgetroudes, oudgetroudes, eerste huwelike, tweede huwelike, yskoue huwelike, louwarm huwelike, vuurwarm huwelike….). Ek hou wel die skrywe anoniem, want my hart is nie om enige betrokke party seer te maak hierdeur nie. Wie ek is, maak geen verskil aan wat ek op die hart het nie.

So gaan maak vir jou ‘n koppie koffie en kom lees dan rustig verder. Dis ‘n redelike lang storie. Met baie om oor na te dink… Maar as dit jou huwelik kan versterk, verryk, verbeter of selfs kan red… wil jy nie maar die volgende 15 of 20 minute daaraan spandeer nie???

Ek is so ongeveer 8 jaar terug geskei en ek kan vir jou ‘n brief gee – dis een van die seerste dinge wat jy ooit in jou lewe kan deurgaan! Daar is kere wat jy voel jy wil doodgaan… daar is kere wat jy wens dat jy eerder doodgaan! Daar is kere wat jy voel soos die grootste mislukking op aarde. Daar is kere wat jy nikswerd voel nie. En net sodra jy dink jy voel beter, dan begin die “rollercoaster” van emosies weer van voor af.
Kom ek vra jou gou ‘n reguit vraag: Werk jy daadwerklik aan jou huwelik?
Hoekom vra ek dit vir jou? Want ek het nie. 

Ek het gedink alles is maanskyn en rose in my huwelik… totdat my man (nou my eks man) een oggend vir my gesê het hy is nou verveeld met die huwelik. (Ek gaan hom “Johan” noem vir die res van die brief – ek hou glad nie van die verwysing van “die eks” nie… Nee hy is nie regtig Johan nie, moet asb nie nou al die Johan’ne in jou foonboek gaan bel nie!)
  
Teen die tyd wat die “pawpaw die fan getref het”, was ons al so 12 jaar saam waarvan ons 5 jaar getroud was. Natuurlik het ons so nou en dan vasgesit. Dis mos normaal. Natuurlik het ons so nou en dan minder van mekaar gehou. Dis ook normaal. Die woorde van Juanita du Plessis waarmee ons die dansbaan op ons troue geopen het, was egter nog ingeprent in my gedagtes:
Ek wil oud word saam met jou, Ek wil my lewe aan jou wei
Deur elke donker skadu en hoog bo teen die kranse, Sal ek volg waar jy my lei
Al is daar silwer in jou hare, En jou jare begin wys
Tot die dood ons eendag skei, sal ek jou lief hê...
Blykbaar het Johan nie dieselfde sentiment gedeel nie. Hy het opgegee op ons huwelik, en ek was te naief/positief/blind om dit agter te kom. Ek was dom. Onkundig. ‘Gelukkig’ getroud.

Pleks ek maar net die raad gevolg het wat INTIEM uitgedeel het, ne? Maar nee, ons is tog so toegevou in ‘n waas van “alles is okay” dat ons mos nie nodig het om te luister na goeie raad nie. Ons is mos daardie paartjie wat dit gaan maak. Ons het mos ewige trou aan mekaar beloof op ons troudag… Ons was daardie “power couple”. Die een waarop ons vriende jaloers was. Dit was so erg, dat my vriende my nie geglo het toe ek hulle vertel het ek en Johan is uitmekaar nie. Ons was die een paartjie van wie niemand dit ooit verwag het nie. Die “perfect happy couple”. Glo my, selfs nie eers ek het dit sien kom nie...

Weet jy hoe voel dit om elke maand jou INTIEM tydskrif op jou tafel te kry, maar jy sien nie kans om haar te lees nie? Weet jy hoe voel dit om uit Huweliksweek vergaderings uit te stap, want almal praat oor die “prag en die lekkerte” van getroud wees, terwyl jou hart in twee wil skeur van die pyn? Weet jy hoe voel dit om kliënte te gaan sien en jou trouring maar aan jou ringvinger te hou, sodat jy nie hoef te verduidelik hoe iemand wat by ‘n huwelikstydskrif werk, nie gelukkig getroud kan wees nie??  Ek weet. Ek was daar. 

So waarheen is ek oppad met hierdie brief?

Ek wil jou aanmoedig om jou huwelik as ‘n motor te begin beskou. Jy diens nie jou motor AS hy breek nie… Jy diens hom SODAT hy nie breek nie. Sodra hy breek is die skade baie groter. Baie duurder. Baie erger. Soms onherstelbaar…. Jou huwelik is dieselfde. Wanneer jou huwelik verbrokkel, los dit groot skade. Dis seer. Dis simpel. Dis onnodig.
Dit het my ‘n tydjie gevat, maar ek is uiteindelik weer “pro huwelik”. Ek is die een wat nou na INTIEM se inhoud kyk en soms sal sê: Ag nee girls, hierdie is bietjie te “fairy tale and pixie dust”… kom bietjie af aarde toe met die inhoud. Kom ons maak dit prakties. Doenbaar. Realisties. Ek is die een wat nou elke enkele artikel van INTIEM lees… Ja, ek moet seker maak jy kry die inhoud sonder spelfoute, maar weet jy wat? Ek leer daardeur ook elke dag nog iets nuuts en ek is super opgewonde om dit weer eendag in ‘n huwelik te kan toepas.

Maar hoe meer ek met INTIEM en met Marriage Capsule se inhoud te doen gekry het die laaste paar jaar, hoe meer besef ek hoe “clueless” ek eintlik in my eie huwelik was. Waar is die handleiding wat mens kry wanneer jy trou? Marriage 101. Ek het nie so iets gekry nie… het jy?

Kom ek deel 7 dinge met jou wat ek net uit my betrokkenheid by Marriage Capsule geleer het. Aan die einde van die brief sal ek jou meer vertel van Marriage Capsule… dalk kan dit jou eerste “kar service” wees wat jy in ‘n lang tyd aanpak. (Glo my, dis die lekkerste  “service” wat jy ooit in jou lewe sal doen….)
1. Jy moet besluit dat jou huwelik nog die moeite werd is. 
Lees dit mooi. Die woord is DAT, nie OF nie. Jy het jou maat gekies. Jy het ‘n belofte gemaak. Jy het dolverlief en vol idees en planne in jou huwelik ingestap. Kies jou maat weer. Kom ek skilder gou vir jou die teenoorgestelde prentjie: Indien jy besluit dat jou huwelik nie meer die moeite werd is nie, gaan jy seerkry en jy gaan seermaak. Hoe lyk jou prentjie as iemand nou met ‘n reuse uitveer kom en jou huwelik uitvee? Waar bly die kinders? Hoe lyk julle vakansies nou? Wie kry die hond? Watter vriende is nou wie s’n? Wie wag vir jou by die huis na ‘n lang dag? Wie luister na jou stories? Wie klim styf agter jou rug in? Hoe voel daardie prentjie noudat ‘n groot deel van wie jy is net weggeruk is? 

Vertel jou maat dat jy hom/haar weer kies. Vertel jou maat dat jul huwelik die moeite werd is en dat dit sin maak!
2. Vind uit wie jy is. Vind uit wie jou maat is. 
Vind uit hoe julle “bedraad” (gewire) is. Het julle al ooit ‘n temperament toets gedoen? Ek het nooit in my huwelik nie. Met Marriage Capsule se inhoud, het ek geleer daar is 4 temperamente: Lake, Ocean, Fountain en Snow. (Daar is verskeie temperament toetse beskikbaar – sommiges staan bekend as A, B, C en D temperamente, ander as rooi, geel, groen en blou, ander weer as melancholies, sanguinies, flegmaties en choleries). Jou temperament het ‘n groter invloed op jou huwelik as ENIGE IETS ANDERS! Dis die manier hoe jy “aanmekaargesit” is (nee, dis NIE jou persoonlikheid nie. Jou persoonlikheid is soos ‘n jassie wat jy oor jou temperament aantrek). 

Jou temperament is die oorspronklike weergawe van jouself en word beinvloed (en oorgeërf!) deur 6 mense in jou lewe… Indien jy nuuskierig is hieroor, kyk onder aan die artikel vir meer info oor die Marriage Capsule kursus wat die LOFS Temperament toets insluit. Dis die enigste temperament toets nog ooit wat spesifiek vir paartjies ontwikkel is, en dit gee jou nie net jou hooftemperament nie, maar ook jou sekondêre en jou kombinasie temperament. (Jou sekondêre temperament kom baie sterk na vore wanneer jy onder druk verkeer… kan jy sien hoe belangrik is dit om jou, maar ook jou maat se temperament te verstaan?).

Kom ek verduidelik dit met my en Johan as voorbeeld: Johan was ‘n Fountain Ocean. Ek is ‘n Snow Ocean. Dit maak van hom ‘n ekstrovert-ekstrovert, terwyl ek ‘n introvert-ekstrovert is. Hy doen eers, dan dink hy. Ek dink eers… dan dink ek weer… dan dink ek weer… dan heroorweeg ek my besluit… en dan doen ek. Hy praat baie. Ek praat net wanneer ek regtig iets het om te sê. Hy is spontaan. Ek is versigtig. Sien jy die probleem?? Is ons “compatible”? Ons is beslis!!!! Maar as ons mekaar nie VERSTAAN nie, gaan ons mekaar teen die muur uitdryf… en dis presies wat met ons gebeur het. Indien ons mekaar se temperamente verstaan het, met elkeen se sterk en swak punte, sou ons mekaar heeltemal anders hanteer het.
3. ‘n Man se grootste behoefte is respek en 4. ‘n Vrou se grootste behoefte is liefde.
Respek maak sy tenk vol. Dit laat hom soos ‘n “superhero” voel. Indien ‘n man nie voel hy word gerespekteer nie, gaan hy nie liefde wys nie. Liefde maak haar tenk vol. Dit laat haar veilig voel. Indien ‘n vrou nie voel sy word toegevou in liefde nie, gaan sy nie respek teenoor haar man uitleef nie. Hier het ek en Johan die pot heeltemal misgesit. Ek het dit nie geweet nie… Maar hy ook nie. Hy was nooit ‘n ‘loop met my gevoelens op my mou’ tipe persoon nie. Hy het dit moeilik gevind om sy liefde uit te druk. Was hy lief vir my? Natuurlik ja! Het ek dit altyd geweet? Ongelukkig nie. 

Wat het toe gebeur? Ek het begin onttrek… Ek het so "effens minder begin omgee". Hoekom? Wat het eintlik gebeur? Ek het my respek vir hom begin verloor (ek weet dit nou, ek kon dit nie toe verwoord het nie). Sonder respek, vind hy dit nog moeiliker om liefde te wys. Sonder liefde, sukkel ek nog meer om hom te respekteer. Kan jy sien watter bose kringloop hier besig is om te vorm? Het hy my dalk meer liefde gewys, sou ek hom meer respekteer het. Kyk nou ook van die ander kant af daarna… Het ek hom dalk meer respekteer, het hy my dalk meer liefde gewys. So wie was verkeerd? Ons alwee! En ons het dit nie besef nie!! Hierdie staan bekend as die “crazy cycle”… Geen liefde, beteken geen respek. Geen respek, beteken geen liefde. Dit hou net aan en aan en aan… tot hy een dag ‘n prokureur gaan sien en “geen liefde meer oor in die huwelik” as rede vir ‘n egskeiding aangevoer het. 
5. Kommunikasie is belangrik
Blah blah blah. Hoeveel keer het ons dit nie al gehoor nie? Kommunikasie is seker een van daardie onderwerpe waaroor daar al die meeste boeke geskryf is, meeste videos gemaak is, meeste seminare aangebied is… Ek verstaan nou daar is ‘n rede daarvoor…

Jy moet luister om te HOOR, nie om te ANTWOORD nie. Vang jy jouself soms dat jy al ‘n antwoord formuleer in jou kop, terwyl manlief, die kinders, familie of selfs jou vriende en vriendinne nog besig is om te praat? Ja ja, ek doen dit ook… En dis verkeerd. Jy moet luister om te HOOR… die antwoord sal daarna vir homself sorg.

Besef jy dat verskillende temperamente verskillend kommunikeer? Dis nie “rocket science” nie… as jy jou maat se temperament verstaan, sal jy verstaan hoekom hulle doen wat hulle doen! Jy sal verstaan hoekom hulle sê wat hulle sê! Jy sal verstaan hoe om ‘n moeilike gesprek aan te pak sonder bokshandskoene en tissues! Ek en Johan het dit nie verstaan nie. Ons sou vassit oor iets in die aand, vies vir mekaar gaan slaap… maar wanneer ons opstaan is hy 100% weer sy ou self, die bakleiery iets van die verlede. Ek aan die anderkant is so omgekrap soos ‘n brombeer, want ek het niks geslaap nie… Hoekom nie? Want ek het die gesprek oor en oor in my kop herhaal. My woorde. Sy woorde. Verskillende variasies van ons woorde. Oor en oor.

Nee, ek is nie mal nie… Dis hoe my temperament werk. Nee, Johan het nie minder omgegee as ek nie. Dis hoe sy temperament werk. Ek moes letterlik oor goed slaap, dit prosesseer en dit dan hanteer. In Johan se wêreld is ‘wat verby is, verby’, so hoekom dan verder daaroor tob?
6. Goeie seks is belangrik
Nou ja toe, hierdie is darem TE persoonlik om met jou te deel….Al wat ek hier gaan sê is dat verskillende temperamente verskillende dinge in die slaapkamer geniet… Doen die Marriage Capsule kursus en vind self uit! 

Natuurlik is daar ook sekere dinge wat gebeur wat mens laat onttrek/belangstelling verloor... die hartseer is dat dit alles oorkombaar is, maar ons het nie die nodige "tools" gehad nie...
7. Jy moet ‘n plan in plek sit vir jou huwelik
Jy ken seker die gesegde – If you fail to plan, you plan to fail! Jou huwelik het ‘n plan nodig! Jy kort ‘n plan om meer kreatief in jou huwelik te wees. Hoe om jou huwelik meer pret te maak. Hoe om meer tyd vir jou en jou maat te maak. Jy kort natuurlik ook ‘n gebedsplan! (Dit alles kan jy weereens in Marriage Capsule kry).

Mag ek jou vra… Trek jy jou gesig op ‘n plooi as iemand praat van “date night”? Is jy al moeg om dieselfde gekerm en oor te hoor? Date nights moet deel van jou plan wees! Bid julle saam? Geloof vorm ‘n kragtige fondasie vir jou huwelik…. Is dit ingewerk in jou plan? Verras julle mekaar? Bederf julle mekaar? Maak julle tyd vir mekaar? Hoe lyk jul huweliksbeplanning? Sien dit amper as ‘n vennootskap… Twee vennote gaan nie net blindelings voort huppel in ‘n besigheid nie… Daar is spesfieke planne wat hulle volg…. Jou huwelik kort ook planne, idees en struktuur.
So wat nou? Is hierdie ‘n “sales pitch” vir Marriage Capsule? Weet jy wat... dalk is dit! 
HOEKOM? Want huwelike beland op die rotse, gesinne word uitmekaar geskeur... En dis ONNODIG! 
Ons gaan teen gronde as gevolg van 'n gebrek aan kennis... Klink dit bekend?

Goeie huwelike gebeur nie vanself nie…. Vra my. Ek het die T-hemp om dit te bewys.

Goeie huwelike verg baie werk, sweet, soms self trane. Ek sien dit elke dag hier by INTIEM en by Marriage Capsule. Dit verg ‘n daaglikse keuse!

Ongelukkige (selfs louwarm) huwelike ‘suck’. Dis aaklig. Simpel. Onnodig. Voorkombaar. “Fixable”.

Die boodskappe wat ons op ‘n gereelde basis inkry breek my hart! Mense kry swaar, mense kry seer! “Affairs”, pornografie en fisiese mishandeling in huwelike is nie net iets wat met ‘ander’ mense gebeur nie. Dit kan met jou ook gebeur… Maar net so erg is emosionele mishandeling, ongelukkige huwelike, vervelige huwelike...selfs gemiddelde huwelike… Nee man, doen iets daaraan!!

Jy het jou maat gekies. Jy het belowe om hom of haar altyd lief te hê, op te pas, te bederf en te versorg.
So ek GAAN jou nou uitdaag… 
Doen die Marriage Capsule kursus en belê in jou huwelik! Nie omdat ek so sê nie, maar om jouself te beskerm teen onnodige pyn, hartseer en ‘n gevoel van totale mislukking! Staan op vir jou huwelik! Meer as 3000 ander paartjies het dit al gedoen en die terugvoer is FANTASTIES! Mense laat ons weet dat hulle van voor af verlief is op hul huwelike, dat hulle vir die eerste keer ooit hul maats verstaan, dat dit sommer net weer lekker is om getroud te wees! 

Marriage Capsule is 'n interaktiewe huwelikskursus wat jy in die privaatheid van jou eie huis op jou foon of rekenaar kan doen. Dit bestaan uit 7 vlakke wat jou deur die 7 stappe vat waaroor ek vroeër gesels het... Van "is my marriage worth it?" af al die pad deur liefde, respek, temperamente, kommunikasie, intimiteit en selfs planne vir jou huwelik! Die kursus sluit videos in, teks om deur te werk, interaktiewe "quizzes", jy kry selfs punte en "badges" soos jy deur sekere onderwerpe werk... Glo my, dis nie BORING nie (Ek weet, want ek het help om dit te ontwikkel.... en ek glo nie in verveeldheid nie.....). Aan die einde van die kursus kry jy ook 'n pragtige sertifikaat en jou naam kom in die "International Marriage Hall of Fame"!

Ja, jy gaan 'n paar Rand moet uithaal. Hierdie kursus sluit meer as 12 jaar se navorsing in... en jy gaan in elk geval ten minste 10 keer meer waarde kry as waarvoor jy betaal! Sien dit as versekering vir jou huwelik... Ons betaal getrou elke maand ons motorversekering, hoekom hanteer ons nie ons huwelike met dieselfde erns nie?? Die kursus prys is regtig billik! Gaan eet net 2 keer minder uit die maand, en jy het klaar genoeg geld gespaar.... Of net een keer as julle 'n gesin van 4 is!

Moenie dieselfde paadjie stap wat ek gestap het nie. Niemand se huwelik is "untouchable" nie. Die vyand loop rond soos 'n brullende leeu en probeer sy bes om ons huwelike te verwoes. Ek het dit te laat sien kom... Moenie dieselfde fout maak nie!
'n Paar hoogtepunte in die Marriage Capsule Kursus:
  • LOFS temperamente (hierdie is ‘n persoonlikheidstoets wat jou huwelik GAAN verander!)
  • International Marriage Hall of Fame Sertifikaat
  • ​‘n Kommunikasie “make over”
  • ​Beter seks (ja, regtig, ons help jou om die vonk terug te kry!)
  • ​Jy gaan verstaan wat mans die nodigste het, jy gaan verstaan wat vrouens die nodigste het.
  • … en jy gaan eindig met DAADWERLIKE planne vir ‘n huwelik wat gaan hou!
Wat sluit die volledige kursus in?
  • Marriage Capsule aanlyn (digitale) kursus (7 vlakke)
  • ​Marriage Capsule Eboek: Die kursus in eboek vorm, sodat jy dit as handleiding kan gebruik. 
  • ​23 video’s
  • ​Jou “expectation manager” – vind uit wat julle verwagtinge van mekaar in die huwelik is!
  • ​LOFS temperamente – hierdie gaan regtig jou lewe verander!
  • ​Privaat Facebook groep met huweliksberader en mentor (“coach”)
  • ​Weeklikse aanmoediging per epos en video
  • Weeklikse celeb voice notes
  • ​Eboek: ED – Alles wat jy moet weet oor erektiele disfunksie.
  • ​Eboek: Kennersantwoorde (antwoorde op 10 jaar se vrae wat aan INTIEM gestuur is)
  • ​Eboek: 101 slenters om jou man se hart te wen
  • ​Eboek: 101 slenters om jou vrou se hart te wen
  • ​Eboek: 365 Romantiese boodskappe om vir jou maat te stuur
As jy vir een of ander rede nie lus is vir Marriage Capsule nie, doen dan nogsteeds iets!!! Gaan woon ‘n kursus by, koop ‘n boek, stel ‘n huweliksplan op… doen net iets!
Hoor asb my hart… Ek is nie hier om met jou te raas nie. Ek is nie hier om jou te vertel jou huwelik is in gevaar nie. Ek sê nie jy doen iets verkeerd nie… Ek ken jou dan nie eers nie!

Ek is hier om jou te smeek en te vra:

Pas jou huwelik op.
Pas jou maat op.
Pas jou kinders op.
“Service” jou ‘kar’.
Help ons om ‘n kultuur van heel huwelike te skep. Heel gesinne. Heel kinders.

Jou huwelik is kosbaar. Moet nooit ophou om daarin te belê nie! Ek stap nou al 8 jaar lank hierdie paadjie op my eie... Dit raak nie oornag maklik nie. Moet asb nie dit wat jy het afskeep of weggooi nie... Pas jou maat op. Pas jou huwelik op!
Volg die skakel hieronder en belê in Marriage Capsule. Betaal per EFT of met jou kredietkaart.
PS - daar is 'n 100% geld-terug waarborg... jy het NIKS om te verloor nie!!!! 

Vir die maand van November kan jy MARRIAGE CAPSULE kry teen die spesiale prys....

WAS R1250. NOU R449!