Hoe beweeg mens van huismaats na huweliksmaats?
Die blote feit dat jy hier lees, beteken iets in een van die volgende 2 artikels het met jou geresoneer:
  • Huismaats of Huweliksmaats
  • 7 slegte gewoontes wat jou huwelik kan vernietig
Baie paartjies voel dat hulle huwelike kan baat deur so klein bietjie meer "oemf en woema", en ons het verskeie eposse en Facebook boodskappe van paartjies gekry wat REGTIG sukkel! Die hoeveelheid kommentaar op bogenoemde artikels was natuurlik ook vir ons bevestiging dat dit baie rof gaan... 

Hier is weer 'n herinnering aan die 7 waarskuwingstekens dat jy besig is om meer in die Huismaats as Huweliksmaats kategorie in te beweeg:
  • Jy gebruik die kinders as verskoning. 
  • ​Julle spandeer nie tyd saam nie.
  • ​Jy hou jou hande vir jouself.
  • ​Jy het vergeet hoe om te flirt! 
  • ​Julle slaap nie in een bed nie.
  • ​Julle spring in die kooi wanneer dit jóú pas.
  • ​Julle hou jul beursies vir julself. 
Huismaats klink dalk gemaklik. Maar een stappie verder as gemaklik is gevaarlik. Die huwelik is nie ingestel om gemaklik te wees nie. Dis ingestel om twee individuele persoon saam te sit en te verbeter tot die beste moontlike weergawes van hulself. Daar is 'n plan en 'n roeping op jul lewens en jul huwelik, en julle gaan net in daardie plan en roeping instap wanneer julle die lewe saam as huweliksmaats aanpak.

Indien jy nie tans soos die beste weergawe van jouself voel nie, is dit dalk tyd om iets daadwerklik te doen!
So wat nou?
Net soos daar 7 waarskuwingstekens is dat jy besig is om van huweliksmaats na huismaats te beweeg (of dalk al lankal daardie baadjie aangetrek het) is daar ook 7 stappe wat jy kan neem om 'n daadwerklike verskil in jou huwelik te maak!
  • Besluit dat julle huwelik die moeite werd is.
  • Bepaal wat julle elkeen se temperamente is, en hoe dit 'n invloed op elke area van jul huwelik het. 
  • Ontdek wat 'n man se grootste behoefte is.
  • ​Ontdek wat 'n vrou se grootste behoefte is.
  • ​Ontdek die kuns van kommunikasie (en watter rol julle temperamente daarop speel).
  • ​Ontdek hoekom goeie seks so belangrik is. 
  • ​Sit daadwerklike planne vir julle huwelik in plek. 
Daarsy! Maklik ne? 

Nee, toe nou nie. As dit maklik was, het ons julle net hier gelos om dit self verder te gaan uitpluis. 'n Gelukkige huwelik is nie noodwendig maklik nie. Dit kom nie vanself nie. Dis juis wanneer paartjies begin dink dat hulle net kan wag vir 'n gelukkige huwelik om te "gebeur", dat hulle stadig maar seker in die Huismaats bootjie begin inklim.

Daarom wil ons jou graag vertel van:
Die 7 stap INTIEM-Marriage-Capsule metode:
Marriage Capsule, 'n INTIEM produk, neem jou deur 7 stappe in 'n interaktiewe aanlyn huwelikskursus. Meer as 2000 paartjies het die kursus al suksesvol voltooi... Is jy gereed om jou huwelik by daardie getal te voeg?

Die 7 stappe word deur middel van 7 vlakke so uiteengesit:

  Vlak 1 - Is my huwelik die moeite werd?

  • Ontdek jou 'waarom'. Is jou huwelik die moeite werd?
  • ​Die “commitment”-uitdaging
  • ​Hoe om weer vreugde en tevredenheid in jou huwelik te vind
  • ​6 Redes waarom die huwelik 'n goeie idee is
  • ​Die formule vir suksesvolle verhoudings
  • ​Leuens en waarhede in die huwelik
  • ​Eksklusief: Jou eie “expectation manager”
  • Hoe om vir eens en altyd die verlede agter julle te sit.

  Vlak 2 - Die LOFS Temperament Toets

  • Die enigste temperament toets wat spesifiek vir paartjies ontwikkel is
  • ​Ontdek jouself, jou maat en jul lewe saam.
  • ​Waaroor gaan temperamente?
  • Is daar 'n ideale temperament wat ek moet hê?
  • ​Ontdek jou eie temperament: “Lake / Ocean / Fountain / Snow”
  • ​Ontdek jou maat se temperament. 
  • Hoe lyk jul huwelik met hierdie kombinasie van temperamente?
  • ​Leer hoe om verskille te hanteer en die lewe saam te kan doen
  • Ontdek 5 maniere om stress in die huwelik beter te hanteer

  Vlak 3 - 'n Man se grootste behoefte: Respek

  • Hierdie vlak is net vir die dames
  • Ontdek die weg na jou man se hart
  • Die “crazy cycle”
  • ​Vind uit: respekteer jy jou man?
  • ​Verstaan waarom respek vir jou man van kardinale belang is
  • Leer hoe hy jou respek wil voel en ervaar
  • Praktiese idees en inspirasie om hom jou “superhero” te maak

  Vlak 4 - 'n Vrou se grootste behoefte: Liefde

  • Hierdie vlak is net vir die mans
  • “Happy wife, happy life”.. Makliker gesê as gedaan. Vind uit hoe jy dit kan bereik.
  • Daar is miljoene dinge wat u vrou wil hê, net een wat sy regtig nodig het. Vind uit wat daardie een ding is.
  • ​Is jy 'n “superhero”? Doen ons toets!
  • Jou vrou se 6 liefdesbehoeftes
  • 5 Maklike en praktiese maniere waarop jy liefde kan toon en uitdruk
  • Word 'n pro – ons wys jou hoe!

  Vlak 5 - Die KUNS van kommunikasie

  • Jou LOFS-profiel in kommunikasie. Hoe kommunikeer 'n “Lake, Ocean, Fountain, Snow”?
  • Waarom kommunikasievaardighede belangrik is
  • Leer die kuns van alledaagse gesprekke
  • ​Hoe om nuwe gesprekke aan te wakker!
  • Hoe om moeilike onderwerpe aan te pak
  • 7 Kommunikasie moordenaars
  • Eksklusief: hoe om jul eie "safe space communication capsule" te skep

  Vlak 6 - Die KUNS van kommunikasie

  • Jul LOFS-profiele in seks! Watter soort minnaar is 'n “Lake, Ocean, Fountain, Snow”?
  • Insigte van ‘n seksuoloog
  • Algemene seksuele probleme
  • ​Interessante seksfeite
  • Vir haar: hoe om jou orgasme te verhoog!
  • Vir hom: hoe om jou orgasme te verhoog!
  • Begin die pret - 3 aktiwiteite vir julle twee!

  Vlak 7 - Daadwerklike planne vir 'n huwelik wat werk

  • Vinnige vasvra: Het jou huwelik 'n kreatiewe hupstoot nodig?
  • Hoe om jul huwelik lekkerder te maak
  • Praktiese planne vir 'n opwindende huwelik 
  • Hoe om meer "ons"-tyd te maak
  • Wat julle deurgaan is normaal! Ons vertel jou meer.
  • 7 Alledaagse liefdesgewoontes (drukbaar)
  • Gebedsplan vir jul huwelik (drukbaar)
Die kursus is nie vervelig nie! Dit bestaan uit interaktiewe elemente (quizzes, challenges, leaderboards, badges....) wat selfs die moeilikste onderwerpe op 'n sensitiewe manier aanspreek! Verder kry jy ook weeklikse eposse om jou aan te moedig en jou te help op die reis. Jy kry ook gratis toegang tot ons huwelikberader en ons privaat Facebook groep! En die kersie op die koek is: 'n 100% geld-terug-waarborg!

Tussen nou en 25 April, gee ons vir jou ons INTIEM MARRIAGE CAPSULE HUWELIKSBOKS teen 'n belaglike goeie tarief! Die huweliksboks sluit Marriage Capsule, plus ons kommunikasie kursus, plus privaat Facebook groepe, plus nog eboeke en ander aflaaibare bederfies in!