INTIEM KKVR 
Kommunikasie 
Kursus
In net 90 minute kan jy 'n metode aanleer wat julle gaan help om deur enige probleem te praat!

Die inhoud van hierdie kursus gaan jou lewe verander! Dit werk vir 9 uit 10 paartjies - WOW!

Die grootste probleem in enige verhouding is KOMMUNIKASIE... Kwaliteit kommunikasie lei tot kwaliteit verhoudings!
4 videos met al die geheime
Die videos is tussen 10 en 15 minute lank. Maklik. Haalbaar. Vinnig. Waardevol!
Werkkaarte om te voltooi
Ons maak dit prakties sodat dit op jou unieke situasie van toepassing is.
Merk dit af op jou "to do" lysie
90 minute later kan julle wegstap as kommunikasie konings! 
Die 4 modules is as volg:

1) Hoe om kommunikasie te verbeter

  • Meer boeke word oor kommunikasie geskryf as oor seks!
  • ​Kwaliteit kommunikasie lei tot kwaliteit verhoudings!

2) Leer om probleme uit te praat

  • Jy gaan leer hoe om deur enige probleem te praat!
  • ​Hoekom HOOR ons mekaar nie?
  • Konflik is normaal!
  • ​Hoe om eenheid te kry.
  • ​Die “communication death trap”: 5 stappe
  • ​KKVR – Pasop vir die kommunikasievirus!

3) Voel meer "connected"

  • Hoe om meer "connected" te voel
  • ​Jou agtergrond speel 'n groot rol.
  • ​Skep 'n nuwe kultuur
  • ​Wees bereid om te luister
  • ​Ontdek wat die grootste bedreiging vir jou huwelik is

4) Liggaamstaal

  • Jou liggaamstaal, persoonlikheid en temperament se invloed op kommunikasie.
  • ​Stilstuipe skreeu baie hard…
  • Liggaamstaal is 80% en meer van die boodskap…
90 minute staan tussen jou en oplossings waarna jy al jare lang op soek is. Moenie langer uitstel nie!

Die kursus sluit 4 videos en 5 "printable/editable work sheets" in!
Wat sê ander paartjies wat reeds die kursus gedoen het?
Niel en Candice Malan
Die INTIEM Kommunikasiekursus sal paartjies defnitief help en hulle die vaardigheid gee om te verstaan hoe twee verskillende mense saam aan 'n eenheid kan werk. As jy weet hoe om jou maat te verstaan en te aanvaar, gaan dit help met die harmonie in julle verhouding. Die groter geheel gaan soveel meer wees. 1+1 is nie meer 2 nie maar 11! Dit gaan julle help om konflik te verstaan, verander en te bestuur. Hierdie is ‘n fenominale program en ons sal dit aan enige paartjie aanbeveel wat die beste uit hulle huwelik wil kry. Onthou die gras is nie groener aan die ander kant van die draad nie. Dis groen waar jy dit natlei. En kommunikasie is die natlei in hierdie tuin.
Nelis en Mathilda Venter
Wat ‘n wonderlike, tot-die-punt verfrissende Kommunikasie Kursus! Relevant vir lekkerlik enige verhouding se kommunikasie!! So lekker om te weet ek is ‘n vloei-mens en my man ‘n fokus-mens!!😀 Beveel dit vir almal aan en dan is hulle nog so pittig ook! 
Magdi en Simeon
Ons kan Intiem se kommunikasie kursus vir elke getroude paartjie aanbeveel! (Of selfs as jy op trou staan) . Ons het veral daarvan gehou dat die videos kort en kragtig is; dit is nie langdradig en vervelig nie, maar gee genoeg inligting en die inhoud oor kommunikasie is puik (baie goed wat ons nog nie van tevore gehoor het nie) Daar is baie praktiese voorbeelde en raad wat jy maklik in jou huwelik kan toepas soos bv. om nie in verbygaan oor belangrike dinge te praat nie, maar om eerder 'n afspraak te maak om daaroor te praat. Ons het ook veral gehou van die voorbeelde wat Gustav genoem het in paartjies wat hulle al beraad het - help baie as mens daarmee kan identifiseer. Die kursus het ons opnuut laat besef hoe noodsaaklik goeie kommunikasie is in ons verhouding en ons praktiese tools gegee om in ons huwelik toe te pas. Belê in jou huwelik - dit is beslis die moeite werd!! 
Kobus en Alet-Mari
Kommunikasie is een van die sterkpunte in ons huwelik, maar nogtans leer mens 'n paar slegte gewoontes oor tyd aan. Met humor en praktiese voorbeelde het Intiem Kommunikasie Kursus ons gehelp om die klein jakkalse op te spoor. Ons is opgewonde om die raad in ons verhouding toe te pas. - Kobus en Alet-Mari
Dewald en Liandri
Wow, wat 'n goeie en insiggewend kurses was dit nie. Beslis waardes en roetines wat ons in ons huwelik sal toepas. Ons het dit werklik geniet en kon goeie gesprekke hê rondom elke video. Dit was regtig vir ons die moeite werd en sien uit hoe ons nuut geleerde tools ons gaan help om beter en gesonder te kommunikeer. 
NEEM NOU DIE VOLGENDE STAP!
90 minute is al wat tussen jou en die "kommunikasiekoning" medalje staan...
PLUS!!! Koop voor 30 April en staan die kans om 1 van 5 Marriage Capsule kursusse (ter waarde van R1250 elk!) te wen!
Kopiereg INTIEM 2021